Ek het verlede week tot die besef
gekom dat my kind nooit ‘n Desembervakansie aan die Natalse kus sal hê nie.
Maar hier stap hy deur die mielies
met ‘n streepsak en ‘n kierie
En my boetie vra, “Woon hy in Clocolan?”
My dogtertjie is net ‘n bietjie bang
Maar hy stap sommer uit die branders,
Ja die tye het verander
My seuntjie vra, “Woon hy in Jeffreysbaai?”
En presies soos in die slotstrofe van Laurika se liedjie het Kersfeesvader een jaar op ‘n skuit uit die branders gekom, ons kinders almal op die strand saamgebondel.
Nie dieselfde nie, ek weet, maar soos Laurika inderdaad sing, “ja, die tye het verander” en soos Pieter-Dirk Uys ons daarvan bewus gemaak het “adapt or die.”
Ook my broer sal hierdie vakansie nie vergeet nie: My pa kom toe daardie jaar ‘n dag vroeër daar aan om ons te verras. En stap in op my broer wat my nou net ‘n pak slae gegee het. My broer is darem 16 jaar ouer as ek. En ek was ‘n bedowe laatlammetjie. (Die vlieër hier bo genoem, was inderdaad die grootste en mooiste op die strand, daai plastiek emmertjie in die vorm van ‘n kasteel, inderdaad die enigste een tussen al die maatjies, en ek het na hom tot vandag toe nog nooit weer so iets gesien nie.)
Maar dit sal darem lekker wees, net so een vakansie, Desembermaand by die see. Of dit nou reën of nie.
(Dit was November 2009 - Ons is April 2010 Rocky Bay, net anderkant Scottbutgh, toe. April 2011 toe maak ons weer so. En ons is klaar bespreek vir April 2012. Was dit nie vir die dinkwerk wat ek destyds hier op datum en agtermekaar gekry het nie, wonder ek of ons al ooit by die see sou gewees het.)
Dit terwyl my eerste
vakansieherinneringe Desembervakansies in die karavaan by Salt Rock karavaanpark
is.
Ons is jaar na jaar, oor jare heen,
soheentoe. Party jare is Ma en die kinders sommer ‘n week of wat voor Pa af.
Ons slaan op, en wanneer Pa se praktyk eers sluit, sluit hy by ons aan.
Later van tyd het ons maats gehad
wat ons net vakansies daar gesien het, saam vakansie mee gehou het, en dan weer
na Nuwejaar tot aanstaande jaar gegroet het.
Reeds sedert die tagtigerjare en Mannetjies Roux se dae, sing Laurika
Rauch gereeld in ons huis:
Ek het in my kinderjare vas geglo in Kersfeesvader
In werklikheid ry hy mos met ‘n sleeMaar hier stap hy deur die mielies
met ‘n streepsak en ‘n kierie
En my boetie vra, “Woon hy in Clocolan?”
Toe trou die stem in die liedjie en
dan sluit dit af, jare later as hulle al kinders het met
Hier’s ons kinders om die boompie
Hulle wag nou vir die oompieMy dogtertjie is net ‘n bietjie bang
Maar hy stap sommer uit die branders,
Ja die tye het verander
My seuntjie vra, “Woon hy in Jeffreysbaai?”
En elke keer, sing sy dit, neem sy
my terug Salt Rock toe. Daar het Kersvader elke jaar op ‘n bokwa gesleep deur
‘n trekker gekom. Van tent tot tent het hy gegaan en pakkies uitgedeel. Eers
jare later dat ek die kloutjie by die oor gebring het en besef het dat daardie
pakkies al die pad van die Rand aangery is, in die tent en weer uit gesmokkel
is.
En presies soos in die slotstrofe van Laurika se liedjie het Kersfeesvader een jaar op ‘n skuit uit die branders gekom, ons kinders almal op die strand saamgebondel.
Daar moes daardie jaar iets verkeerd
gegaan het, ek onthou dat my ma-hulle ongelukkig was oor hierdie wending. Maar
wat dit was sal ek nie weet nie. Straks het iemand anders my present gevat en
ek ‘n verkeerde iets gekry.
Ek onthou inderdaad een jaar by een
of ander Kersboom-byeenkoms, toe my ouers al opgegee het om die illusie
lewendig te hou, dat al die ouers ‘n geskenk tot die waarde van ‘n sekere
bedrag moes neem. Maar dit was ‘n gelukkige trekking en die Moolman telg het ‘n
baie ongelukkige en minderwaardige trekking gehad. Wat dit was kan ek nie
onthou nie, maar ek onthou die daaropvolgende jaar se Kersboom beter. Onder
aandrang seker van my ouers, was daar hierdie jaar geen uitruil van
Kerspresente nie, jy het die pakkie gekry wat Ma en Pa voor die tyd in die
kattebak aangery het . Ek het daardie jaar ‘n bakatel gekry, ‘n netjiese een
van hout met die mooiste albasters in.
(Dit help ook nie om vir die youngsters te verduidelik dat ‘n bakatel
soos ‘n baba-pin ball in die kleine
is nie, want wat sal hulle wat groot geword het met nuwerwetse arcade speletjies soos Atari en Pac man ook nou weet van die
wonders van ‘n verbode vrug soos pin ball.)
Ewenwel, verlede naweek in die Kaap
kom ek onder die indruk dat Klaradyn reg is vir ‘n Desembervakansie by die see,
en dan nie ‘n Yzerfontein-see nie, maar ‘n Ramsgate-, Margate of Umhlanga- see.
En ook nie dit nie, ‘n Salt
Rock-seevakansie. Hierdie Salt Rock is so in ons koppe ingeprent dat my broer
en sy vrou selfs hulle wittebrood daar deurgebring het — hierdie keer darem in
die hotel, en anders as my ma- en pa-hulle wat al hengelende gewittebrood het
in ‘n karavaan op die oewers van die Vaalrivier.
Ek google Salt Rock, en ja, daar is dit. Die getypoel is nog daar (en
ek onthou my eerste kennismaking met anemone). Die terras lyk dieselfde (en ek
onthou my pa met sy rug na die see al lesende aan ‘n boek). Die strand soos
altyd (my eerste vlieër, die mooiste wat daar ooit was, ‘n oranje emmertjie in
die vorm van ‘n sandkasteel, visnetjies aan ‘n dowel-stokkie, grafies en net ma of pa se kop wat uitsteek onder ‘n
hoop sand in die vorm van ‘n blue bird
racing car.)
Ai, en toe baan ek my weg oop na
veertig jaar later se tariewe.
En dis soos ek gesê het: ek het
verlede week tot die besef gekom dat my kind nooit ‘n Desembervakansie aan die
Natalse kus sal hê nie.
Ek en Annieka is die afgelope tyd,
rondom die keuse van ‘n laerskool, uit meer as een oord en by herhaling
konfronteer met die woorde, “maar wil jou kind nie beter gee as wat jy gehad
het nie?”
En ek besef, nadat ek by elke
denkbare karavaanpark van noord tot suid gaan inloer het, ek kan my kind nie
eers gee wat ek gehad het nie, wat nog te sê beter.
Maar nou weet die gereelde leser
hier seker al hoe werk hierdie Moolman se kop. Dis Esopus wat ons bekend gestel
het aan suur druiwe, en ek trek
onmiddellik ‘n suur druiwe op myself
en Desembervakansies by die Natalse kus:
Jy sit vir twee weke af en dan het jy drie dae sonskyn as jy gelukkig
is, baie beter om Aprilmaande te gaan. Dis minder reën en jy kan nog net so
lekker swem.
Of so verseker almal by die skool
my. Ek was self nog nooit ‘n Aprilmaand by die see nie.
Nie dieselfde nie, ek weet, maar soos Laurika inderdaad sing, “ja, die tye het verander” en soos Pieter-Dirk Uys ons daarvan bewus gemaak het “adapt or die.”
***
‘n Ander Salt Rock-herinnering wat
ek nie hierbo kon inpas nie, maar ek veertig jaar later, kuier ons gesin saam,
steeds nie toegelaat word om te vergeet nie, is die van die klein seuntjie wat
huilend vanaf die ablusieblokke aangehardloop kom, verby seker goed sewe of agt
ander karavane: “Mamma! Pappa! My piepietol ith in my broekie vath-ge-zipp2”
My ma heeltemal histeries, my pa aan
het hengel en toe maar die meisie wat later my skoonsuster sou word wat my moes
ontset.
Ook my broer sal hierdie vakansie nie vergeet nie: My pa kom toe daardie jaar ‘n dag vroeër daar aan om ons te verras. En stap in op my broer wat my nou net ‘n pak slae gegee het. My broer is darem 16 jaar ouer as ek. En ek was ‘n bedowe laatlammetjie. (Die vlieër hier bo genoem, was inderdaad die grootste en mooiste op die strand, daai plastiek emmertjie in die vorm van ‘n kasteel, inderdaad die enigste een tussen al die maatjies, en ek het na hom tot vandag toe nog nooit weer so iets gesien nie.)
Ook my, destyds, aanstaande skoonsus
onthou hierdie betrokke vakansie. Dit was haar eerste saam met ons en na my pa
daar aangekom het, het sy gehoor hoe vertel my ma vir my pa “hoe onverantwoordelik die kinders is om so
diep in die see te swem.” Dit het haar vreeslik ontstel.
En nou onthou ek selfs, een van die
plate in my plaatversameling wat ek na al die jare steeds nie kon wegmaak nie,
is ‘n opname van Vivaldi se Vier
Seisoene, hoeka ‘n Kerspresent wat skoonsus hierdie, of een van die
volgende jare daarna, vir my pa vir Kersfees gegee het.
En dís die tipe herinneringe wat ek
Klaradyn wil gee. Ryk aan kwaliteit. Herinneringe wat jou veertig jaar later
steeds voed en jou hart warm laat klop.
Maar dan, aan die ander kant, ek het
nooit bietjie baie bogtery en ‘n liewe lawwe lollery in Pilanesberg geken nie.
My eerste kennismaking met die Kruger Wildtuin was eers in standerd 8, ‘n boring daguitstappie met ‘n bus na ons
die vorige nag te min geslaap het.
Die kind moet vat wat sy kry, my
magtig.
Maar dit sal darem lekker wees, net so een vakansie, Desembermaand by die see. Of dit nou reën of nie.
Miskien moet ek sttele vir een van hierdie fly
by night vakansiewoonstelle wat hulle so adverteer. Dan kom ons daar en dan
bestaan die adres nie eers nie en het die vriendelike man met ons deposito en
die res van die bedrag wat ons in goedertrou reeds betaal het.
Dit sal nou vir jou iets wees om te
onthou!
(Dit was November 2009 - Ons is April 2010 Rocky Bay, net anderkant Scottbutgh, toe. April 2011 toe maak ons weer so. En ons is klaar bespreek vir April 2012. Was dit nie vir die dinkwerk wat ek destyds hier op datum en agtermekaar gekry het nie, wonder ek of ons al ooit by die see sou gewees het.)
No comments:
Post a Comment