Nie dat
iemand belang sal stel nie, maar hier dan ‘n vyfde resep wat nie die regte een
is nie:
1 groot knoffelhuisie
125 ml wit asyn
10 ml sout
12.5 ml suiker
10 ml borrie
2 groen rissies
Paar lourierblare
Olie
Stamp kniffel en meng dit met al die ander bestanddele behalwe die olie.
Voeg dit by die vleis en roer dit om goed te meng.
Laat ‘n paar uur lank marineer.
Haal die vleis uit, skud die sous af en sit eenkant in ‘n bakskottel
Haal uie uit marinade.
Verhit olie in pan, voeg uie by en braai tot goudkleurig.
Voeg dan die marinade by en laat deurkook.
Giet sous oor die vleis.
Bak die vleis met sous ‘n half uur lank in die oond.
Bedien met fynaartappels of geelrys met beetslaai.
‘n stukkie groengemmer
3 knoffelhuisies
Sout na smaak
Tamarynwater of asyn
1.5 kg skaapkotelette
Lourier-of lemoenblare
12,5 ml kerrie
5 ml borrie
Voeg tamarynwater of asyn by en laat die vleis oornag daarin lê.
Laat die kotelette stadig in die sous prut, met die byvoeging van lemoen- of lourierblare, kerrie en borrie (gemeng) tot sag en gaar.
Een groot
bottel Cross & Blackwell mayonnaise
Een blik
kondensmelk daarby ingeroer
Mosterdpoeier
(meer as wat jy die eerste keer ingooi — ek het drie keer ingegooi)
Asyn so veel
as wat jy nodig het om van die oorheersende kondensmelksmaak ontslae te raak
En nou help
dit nie ek word oorval met moedige pogings nie; dit is mos nou maar een maal
soos dit met sommige kokke gaan — sommer uit die kop uit kook, en meng, en voeg
hulle so na gedagte (en wat daar op die rak oor is) by.
En so was
dit met Judy. Ek het al uit elke denkbare kookboek wat sy ooit op haar rak had, elke resep wat
net vaagweg, moontlik, miskien, dalk, kan, herinner aan haar aartappelslaai, probeer
maar dis duidelik die ding was in haar kop, oor jare heen met liefde voorberei
en vervolmaak soos haar gesin dit die meeste waardeer het.
Daarom dat
ek nou self bymekaar gooi en (ver-)brou. Dit help ook nou nie om haar te vra
nie — toe ons laas gekyk het, en dis ook al meer as ‘n jaar gelede, was daar
van haar brein nie eers 60% oor nie.
Die “baie
vriendelike dame en man” (soos sy hulle noem) by wie sy tans in die Kaap kuier,
is eintlik haar oudste seun en skoondogter. Maar ek dwaal af.
O, en dan onthou
ek, al (af-)dwalende, die lekkerste Kersfeeste en beplannings- en
verkennende gesprekke, hierdie tyd van die jaar al, rondom die wie, wat en waar
van die Kersete. Nie dat daar vreeslik beplanning ooit was nie, dit was eintlik
maar net bevestiging van elke jaar se roetine en standaardspyskaart.
Die varkboud,
en ek brand om boekdele te vertel, was Judy se speciality.
So vra ek
haar (toe ook al in die sewentig) so ses jaar gelede, Kersfees is daardie jaar
by ons, of sy weer, soos van ouds, vir die varkboud sal sorg.
“Natuurlik,”
willig sy in, want sy is ‘n bobaaskok en bedien haar man nog elke dag (en vir
‘n jaar of twee, drie daarna steeds) van drie maaltye ‘n dag.
Maar sy roep
my met ‘n beklemming, wat net dié naaste aan haar sal herken, later by die
spaarkamer in. “Oubaas, maar Mamma weet nie hoe om ‘n varkboud gaar te maak
nie; ek het dit nog nooit gedoen nie. Sê nou dis nie lekker nie?”
Ek het koud
geword. Soos daai een oggend ‘n jaar of wat tevore toe ons by hulle oorslaap en
my oog vang haar op die bed sit. En ek sien, nie my ma nie, maar my ouma, soos
ek haar jare gelede as kind op ‘n bed sien sit het.
Hierna het
dit vinnig gegaan. En dit was toe in elk geval al klaar te laat.
Koud het ek
weer geword, ‘n ruk daarna toe ons daar opdaag vir ete, en die tafeldoek,
servette, plekmatjies en borde pas nie bymekaar soos vir ‘n koningsmaal nie, by
gebrek aan vars blomme, nie eers ‘n potplant op die tafel nie. Dít, nie soos
Judy al die jare was nie.
My en
Annieka se bestelling, elke een Sondag in die maand, as ons deurry na die oues
toe, was “Ma se sosatietjops”. Maar nou laat weet ons al teen Dinsdag sodat dit
op die laatste Woensdag al hul lê in die erdebak kan kry. (Siestog, hier teen
die einde, voor hul ouestehuis toe
is, het ons glad nie laat weet nie — anders kook sy ‘n week lank aanmekaar, is
sy Sondagoggend vieruur al op die been en heeltemal buite weste teen die tyd
dat ons daar stop.)
Die laaste
sosatietjops wat ek onthou, en onthou ons het hiermee grootgeword, was, om dit
vleiend te stel, grensend aan oneetbaar en ek, Annieka miskien ook, het dit met
stil en ingehoue trane weggesluk.
In hierdie
stadium het elkeen uit die familie wat kom kuier die selfopgelegde taak gehad
om die yskas te detox van bakkies, en
muffies en ander ongedefinieerde goed wat gevaar geloop het om saam met ‘n wors
en ‘n eier in haar wederhelf se ontbytbord te beland.
Gevolglik
mymer ek en my broer gereeld elke jaar langafstand oor die telefoon oor Ma se
kos en elke keer kom die sosatietjops onder heimwee, herinnering en bespreking.
(Ons is ‘n gesin wat leef om te eet, in plaas van andersom.) Saam is ons twee
seker al meer as ‘n eeu oud en in al hierdie gedeelde jare het ons nog nooit ‘n
ander mens raakgeloop wat sosatietjops maak of ken nie en ons maak stilweg
vrede daarmee dat hierdie tjoppies van Ma voortaan net in die geheue geproe
gaan word.
Tót nou die
anderdag op besoek aan ‘n mark, wat in die volksmond seker eerder bekend staan
as ‘n vlooimark, maar dit beslis nie is nie; eerder afsetgebied vir onwettige
immigrante se onwettige gesteelde ware. Die enigste stalletjie wat vaagweg
vlooimarkkwaliteit had, toe die een met die tweedehandse boeke. Ook dan nou
presies hier waar ek krap en hooikoors opdoen van snuffel in die stof en stories
wat elke boek van vertel..
Betsie Rood
se Maleier-kookkuns, vang my oog. Ek
kon nie glo dat die betrokke uitgewer in die sewentigerjare hulle sou bemoei
het met so anti-Apartheid onderwerp en iets anders as Boerekos en vertaalde kookboeke
uit die buiteland nie.
Met Cass
Abrahams se Kook Kaaps-Maleis by die
huis is dit ook maar redelik onbelangstellend dat ek deurblaai en wag vir vrou-
en kindlief om die geld wat ons nie het nie, uit te gee op dit wat ons nie
nodig het nie.
En daar
spring die letters na my toe, so eie aan die Afrikaanse tong van die
sewentigerjare: Kotelet-sosaties. Nogal
‘n Kotelet-sosaties A én ‘n Kotelet-sosaties B.
Met die prys
van skaapvleis wat dit is, en ‘n karmenaadjie
die status van ‘n argaïsme of taalfossiel gekry het, is eksperimenteer met
tjops seker nie iets wat enige mens nou se dae doen nie. Maar as die skip
ingekom het, probeer gerus een van die volgende twee. Dis nie dieselfde as Judy
s’n nie, maar as jy die twee resepte een maak en meng en pas na gelang van wat
die kombuisrak bied, kom jy baie naby daaraan.
Mev A Hendricks se kotelet-sosaties
2 kg
skaapboudkotelette
3 groot uie1 groot knoffelhuisie
125 ml wit asyn
10 ml sout
12.5 ml suiker
10 ml borrie
2 groen rissies
Paar lourierblare
Olie
Was vleis,
plaas in emalje- of erdehouer.
Sny uie in
ringe.Stamp kniffel en meng dit met al die ander bestanddele behalwe die olie.
Voeg dit by die vleis en roer dit om goed te meng.
Laat ‘n paar uur lank marineer.
Haal die vleis uit, skud die sous af en sit eenkant in ‘n bakskottel
Haal uie uit marinade.
Verhit olie in pan, voeg uie by en braai tot goudkleurig.
Voeg dan die marinade by en laat deurkook.
Giet sous oor die vleis.
Bak die vleis met sous ‘n half uur lank in die oond.
Bedien met fynaartappels of geelrys met beetslaai.
Kotelet-sosaties
450 g uie in
dun ringe gesny
Vet of olie‘n stukkie groengemmer
3 knoffelhuisies
Sout na smaak
Tamarynwater of asyn
1.5 kg skaapkotelette
Lourier-of lemoenblare
12,5 ml kerrie
5 ml borrie
Braai ui in
vet of olie
Voeg gemmer,
sout en knoffel saam gestamp daarby.Voeg tamarynwater of asyn by en laat die vleis oornag daarin lê.
Laat die kotelette stadig in die sous prut, met die byvoeging van lemoen- of lourierblare, kerrie en borrie (gemeng) tot sag en gaar.
Ek, vir wat
dit werd is, voeg die twee resepte se bestanddele saam, volg my eie kop met die
hoeveelhede, mog het troffe met die asyn en laat dit prut op die stoof soos by
tweede een, eerder as bak in oond soos by eerste.
En nee, ek
kyk nie ‘n gegeefde perd in die bek nie. Hoe het die mense daai lekker ryk
ongesonde mayonnaise gemaak wat hulle oor die aartappelslaai gegooi het?
(Maleier-kookkuns, geskryf en saamgestel
deur Betsie Rood, opgedra aan dr. I.D. du Plessis en die Maleiergemeenskap, is
in 1977 uitgegee deur Tafelberg.)
No comments:
Post a Comment