Nee, o, magtig. Daar doen ons toe nou drie liefdesgedigte na
mekaar in ‘n ry. Met vier klasse en kollektief al meer as 20 periodes gevul van
Kupido se kaskenades, was ek redelik keelvol vir die liefde.
Dit is natuurlik ook Apartheid se skuld. Die van ons wat in
die ou regime op skool was, sal onthou elke kind het laterhand gewonder of daar
dan nie ook gedigte oor mooi en lekker goed in Afrikaans geskryf word nie. Die
poësiesillabus wat ek daardie dae op hoërskool moes volg, het gelyk soos die
voor-, middel- en agterblaaie van deesdae se dagblaaie.
Daarom dat ons nou se dae doelbewus ook by die mooi en meer
aangename wil uitkom. Daarom dat ek toe drie geleenthede na mekaar vashaak by
die liefde.
So gatvol is ons almal toe nou, dat bloot ‘n ander onderwerp
of tema nie genoeg sal wees nie — ek (en ek voel aan, die kinders ook) soek ‘n
antoniem, ‘n kontras, die teendeel van liefde.
En daar onthou ek ‘n gedig wat ons in standerd agt gedoen
het en hoe “groot” ek gevoel het, met die dat die Juffrou kans gesien het om
sulke volwasse “grootmens”-gedigte met ons te doen.
Ek het die gedig nog nooit met leerders behandel nie, maar
goeie gedigte dateer mos nie, in 2009 geniet die graad 10’s NPVWL se ons kan nie praat net soveel soos ons
destyds in 1982. Dit kom, so sonder titel, uit sy laaste digbundel, Tristia.
Miskien bring dit herinneringe terug. Of miskien krap dit
herinneringe oop.
Ons kan nie praat: nie jy met my nie:
want in my rens liefde spartel
jou woorde soos vlieë wat verdrink;
ek nie met jou nie: waar ek praat,
weet ek dat elke woord van my
agter die deure van jou oor
ingewag, nek-om-gedraai
word deur jou stil haat. Nie óns nie,
nie psigoloë, psigiaters nie,
kan die soutkors van die woestyn breek.
Alleen ‘n Godheid sou kon hulp bring:
die woestyn weer laat groen maak
wat sy verneukpan-agtige
skilferkors om ons kom lê het;
water laat uitbreek in die dro pan
en breekysters onder my logiese
intellektualiteit indryf.
want in my rens liefde spartel
jou woorde soos vlieë wat verdrink;
ek nie met jou nie: waar ek praat,
weet ek dat elke woord van my
agter die deure van jou oor
ingewag, nek-om-gedraai
word deur jou stil haat. Nie óns nie,
nie psigoloë, psigiaters nie,
kan die soutkors van die woestyn breek.
Alleen ‘n Godheid sou kon hulp bring:
die woestyn weer laat groen maak
wat sy verneukpan-agtige
skilferkors om ons kom lê het;
water laat uitbreek in die dro pan
en breekysters onder my logiese
intellektualiteit indryf.
Vir die volle waarheid kan ek dit nie vertel nie maar ek kom
iewers daaraan dat VWL se weduwee vir jare na sy dood nooit toestemming wou gee
dat gedigte uit Tristia opgeneem
word in ander versamelbundels nie. Selfs Opperman het gesukkel met sy Groot Verseboek.
Die rede blykbaar omdat talle van die Tristia-gedigte heenwys en aansluit by die tye saam met Shiela
Cussons, wat ook maar relatief onlangs, kort voor (of na?) haar dood deel van
die openbare domein geword het.
Dan wonder ek met wie praat die stem in hierdie gedig. Is
dit die digter se vrou? Nie dat dit saak maak nie.
Vir die kiddies
het die liggies in hul oë eers aangegaan, toe ons uitkom by die gesels rondom
wie, behalwe ‘n man en ‘n vrou, in die gedig ter sprake kan wees.
“Vir wie sal jy, as graad 10-kind wil sê: ‘Dit help nie ons
praat nie, ek voel oor jou woorde soos oor vlieë wat in vrot melk versuip. Ek
weet ook dit help nie ek praat met jou nie, jy luister nie eers na my nie, en
as jy luister is dit net om my te kan go
oor wat ek gesê het. Ag, en moet tog nie kom met stories van shrinks wat dit vir ons moet uitsort nie, dit gaan nie werk nie? My commen
sence sê dit vir my. ‘n God sal eers met crow bars moet kom en my commen
sence opneuk, voor dinge miskien uitgesort
is. ’”
VWL draai in sy graf om, en die marmerengel wat dit versier,
gaan aan het kraak, maar dit maak nie saak nie, die kinders skop in en dadelik
is hulle by die kompleksiteite so kenmerkend van die ouer-kind-verhouding in
die kind se storm-en-drang-jare.
My raad aan hulle is om nie deure toe te klap dat die handles afval nie, maar om Ma en Pa te baffle, hulle in die oë te kyk, en weg te val met: “Ons kan nie praat: nie jy met my nie: want
in my rens liefde spartel jou woorde soos vlieë wat verdrink; ek nie met jou
nie: waar ek praat, weet ek dat elke
woord van my agter die deure van jou oor ingewag, nek-om-gedraai word deur jou
stil haat...
No comments:
Post a Comment